
Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie
Iemand het vertel hoe die kabeljou bedryf in die noordooste van die VSA gesukkel het om vars kabeljou betyds by die markte ver van hul af te kry. As hulle dit vries, gaan iets van die smaak verlore. Hulle het toe begin om die kabeljou lewend in tenks met seewater te vervoer. Die vis se smaak was toe nie na wense nie, en die tekstuur ietwat papperig. Uiteindelik was iemand baie kreatief. Hulle het ’n ander soort vis in die kabeljoutenks gesit - ’n katvis. Die katvis is die natuurlike vyand van die kabeljou. Gedurende die hele reis het die katvis die kabeljou deur die tenk gejaag. Toe die vis uiteindelik by hul bestemming aankom, het die kabeljou gesmaak asof dit pas uit die see gevang is. Die tekstuur was uitstekend, en die smaak selfs beter as voorheen. Met hierdie storie wou die persoon verduidelik dat God dikwels moeilike omstandighede, seerkry en teleurstelling gebruik om iets moois in die lewens van sy kinders te bewerk. Die boodskap wat die persoon wou oordra, is waar. Die storie wat hy vertel, is nie waar nie. Kabeljou is ‘n soutwatervis. Katvis leef in vars water. Hulle is nie natuurlike vyande nie. Daar is geen rekord dat kabeljou en katvis ooit saam vervoer is om die kabeljou vars te hou nie. Die persoon se bedoeling was dalk goed. Hy probeer iets wat ons nie verstaan nie, verstaanbaar maak. Maar kan ons regtig God se handelinge verstaan? Ek dink nie so nie. En ‘n opgemaakte storie help nie juis nie. Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie. Ons kan net vashou - baie styf vashou - aan wat Hy in die Bybel aan ons openbaar. Romeine 8:28 is een van daardie verse wat geweldige bemoediging en hoop gee wanneer alles in ons lewe deurmekaar loop. Ek deel graag ‘n paar insigte hieroor
Audio and video play straight from the show's own hosting. PodSubs stores and serves no media.

