
JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Psalm 46 - JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE Ons was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor - of jy reël hoe jy dit gaan afbetaal - en dit word by jou huis afgelewer - volledig. Nie in stukke nie. Nie in bokse nie. Nie met instruksies wat lyk soos hiërogliewe nie. Of QR Codes wat jy moet scan om te sien hoe om dit aanmekaar te sit nie. Dit was een van die groot aanpassings vir ons in Nieu-Seeland en in Australië. Of jy wil of nie, of jy tegnies aangelê is of nie, Doen-Dit Self word op jou afgedwing. Dis asof dit deel van die kultuur is. DIY (Doen-Dit-Self) is groot besigheid. ‘n Markstustudie van die DIY kleinhandelmark in huisverbetering deur die Business Research Company in verskeie lande waardeer die wêreldmark in 2025 op US$920.91 miljard en ‘n stewige groei word verwag in die volgende paar jaar. Dit maak sin. Jy kan baie dinge self doen en kostes bespaar. As dit kom by innerlike vrede in moeilike omstandighede, is dinge anders. Dis nie iets wat jy by die winkel kan gaan koop of aanlyn bestel en self aanmekaar sit nie. Die psalmdigter van Psalm 46 het baie dinge hieroor te sê. Die psalmis het geleer dat God daar is vir ons, ongeag alles wat aangaan om ons en in hierdie wêreld. https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://rss.com/podcasts/hoop-nogtans/
Audio and video play straight from the show's own hosting. PodSubs stores and serves no media.

