
HOE OM SINVOL TE BID (Kol. 1:9-14) ep. 2632
Bronnie Ware (gebore in 1967) is ‘n Australiër wat mense versorg gedurende die laaste fase van hulle lewe hier op aarde. Sy het jare lank na mense geluister wat juis in hierdie fase van hulle lewe was. Wat haar opgeval het, was dat hulle diepste spyt gewoonlik nie gegaan het oor spesifieke dinge wat hulle nie bereik het nie. Later het sy die temas wat telkens in hierdie gesprekke na vore gekom het, saamgevat in haar boek The Top Five Regrets of the Dying. So baie mense staar die dood in die oë met spyt dat hulle nie geleef het volgens dit wat werklik belangrik was nie. Dink net daaraan: Jy kom aan die einde van jou lewe en skielik sien jy hoe onbelangrik die meeste van die dinge is wat jou besig gehou het - die opgang wat jy gemaak het in jou werk, die besittings wat jy vergader het, hoe belangrik ander mense se goedkeuring was... Jy kyk terug oor jou lewe en besef: Jy was my hele lewe lank besig. Jy het hard gewerk. Jy het baie bereik. Maar het jy ooit stilgestaan om te vra, “Wat maak regtig saak?” Vir die kind van God is daar een belangrike vraag wat alles in perspektief plaas: “Is die lewe wat ek besig is om te leef, in lyn met die doel waarvoor God my geroep het?” Dit begin deur vir die Here te vra, “Here, watter soort persoon wil U hê ek moet word? Hoe gaan die tipe mens wat ek besig is om te word, eer aan U bring?” Kom ons leer by Paulus, in Kol. 1:9-14, hoe om sinvol te bid - vir onsself, vir ander mense. Hier dis die dinge wat ons lewens in lyn bring met die wil van God. NLV 1:9-14 9Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. 10Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. 11Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap 12altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe. 13Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun. 14Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde. https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://rss.com/podcasts/hoop-nogtans/
Audio and video play straight from the show's own hosting. PodSubs stores and serves no media.

