Skip to content
PodSubs
ShowsPeopleGuestsJobsNewsEvents
More
BlogPodCred
Menu
ShowsPeopleGuestsJobsNewsEventsBlogPodCredNetworksSign in
Join nowSign in
  • Shows
  • People
  • Jobs
  • News
  • More
    • Guests
    • Events
    • Blog
    • PodCred
    • Networks
    Join nowSign in

Stellenbosch Gemeente Preke

Stellenbosch Gemeente Preke artwork

28 December 2025 || Oujaarsrefleksie || André Serfontein

Dec 28, 202516 minAudio
ShareXLinkedInFacebookWhatsAppEmail

Refleksie op die Oujaar - 2025 "Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde. Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot ’n refleksie op hierdie vraag." Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: [powerpress] Hier is ons aan die einde van 2025. Dis regtig so bietjie van ’n déjà vu gevoel - dit voel of ons baie onlangs hier was. En tog het daar 365 dae verloop. Dis ’n geskenk om die einde van nog ’n jaar te sien. Bloot omdat ons elkeen steeds die geskenk van lewe vashou - en ons weet dis nie ’n gegewe nie. Raak stil. Raak bewus van jou omgewing. Skuif die fokus na jouself - raak bewus van jou asemhaling. “Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons…” Gebed Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. Daar is baie oorgange in die lewe - oorgange in tyd - skooltoe, wanneer jou kind van laerskool na hoërskool oorgaan, of skool verlaat, wanneer jy aftree. Oorgange in plek - wanneer jy verhuis van een provinsie na ’n ander; oorgange in rol - bestaande werk agterlaat vir ’n nuwe een. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde. Dink vir ’n oomblik hieroor na: ’n Oorgang begín met ’n einde. Dit is nogal belangrik om hierdie aspek van ’n oorgang te omhels, want wanneer jy dit - vir watter rede ookal - nie doen nie, kan jy die nuwe begin ook nie omhels nie. Dink maar aan die voorbeelde wat ek vroeër genoem het - of dalk oorgang in jou eie lewe - en oorweeg die implikasies binne elke scenario indien jy nie aanvaarding kan kry vir dít wat eindig nie. Hierdie vasgelooptheid speel homself op verskillende maniere uit en beïnvloed ons op verskillende vlakke. Terug na die oorgang wat ons tans beleef - van die oujaar na die nuwejaar. Die oorgang na 2026 begin met ’n einde. Wat is dit wat vir jou eindig? Wat is daar wat vir jou voel soos verlies - iets waarvan jy nie noodwendig wíl afskeid neem nie, maar waaroor jy nie regtig ’n keuse het nie, want die oorgang noodsaak dit? Wat is daar wat jy agterlaat, wat voel soos ’n verligting? Iets waarvan jy wíl afskeid neem - ’n ingrypende ervaring of gebeurtenis. Ek wil jou uitnooi om die opname hier te stop, jou respons op die vrae hierbo neer te skryf, en dan daaroor te reflekteer: Wat gebeur vir jou wanneer jy oorweeg dat hierdie oorgang met ’n einde begin? Wat impliseer die einde vir jou? Wat maak dit vir jou moeilik om hierdie einde te omhels? Wat stel jou in staat om vorentoe te beweeg? Wat ontdek jy van jouself in die proses? Hoe kan ’n goeie einde jou posisioneer vir ’n goeie begin? Ek wil sommer ’n paar tekste deel wat dalk jou refleksie kan aanvul: Prediker 3 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd…En dan beskryf die Prediker die sikliese aard van die lewe. Wanneer ons rondom ons kyk, is eindes is nie noodwendig onderbrekings in God se plan nie; dit is deel van Sy ritme van genade. Dis deel van die ritme van die natuur. Son wat sak Maan wat al meer op ’n skrefie trek Gety wat uitsak Herfs wat winter word Oes wat ryp word Ons ontdek die organiese proses van nuwe lewe wat moontlik is omdat daar eindes is; sonsopkoms, ’n volmaan, ’n hooggety, lente, nuwe wyn. Dit vra ’n aanvaarding van hierdie ritme, en ’n omhelsing daarvan. Soms is ’n omhelsing genoeg. Maar soms vereis die omhelsing iets groter; oorgawe. Johannes 12<...

Audio and video play straight from the show's own hosting. PodSubs stores and serves no media.

Hosts and Guests

Nobody is credited on this episode yet.

Credit the people on this episode

Be the first to rate this episode

More episodes

All episodes
  1. 15 November 2026 || Filippense - Staan Vas || André Serfontein

    Nov 15, 202633 minAudio

    “Alles wat waar is, alles wat edel is (all that is awe-inspiring), alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet...

    Credit the people on this episode

  2. 08 November 2026 || Filippense - Een Ding || Deon Botha

    Nov 8, 202629 minAudio

    Paulus is in die tronk vanwaar hy ‘n brief skryf aan die gemeente in Filippi. daar ‘n gaping is tussen waar Paulus hom bevind en waar hym bevind en waar hy eerder sou wou wees. Ek wonder wat sou jy wens as jy nou een...

    Credit the people on this episode

  3. 01 November 2026 || Filippense - Onderstebo || André Serfontein

    Nov 1, 202629 minAudio

    “God is not found in the soul by adding anything, but by a process of subtraction.” - Meister Eckhart

    Credit the people on this episode

  4. 04 Oktober 2026 || Huistaal || Deon Botha

    Oct 4, 202633 minAudio

    Wat die hart van vol is, loop die mond van oor… loop jou hele lewe van oor. Vandag is die laaste tema in ‘n reeks wat gaan oor hoe dit is om as deel van en binne in God se Koninkryk te leef. As metafoor vir die hele...

    Credit the people on this episode

  5. 27 September 2026 || Moedertaal || André Serfontein

    Sep 27, 202629 minAudio

    "Instructions for living a life: Pay attention. Be astonished. Tell about it.” - Mary Oliver

    Credit the people on this episode