
Episode 7 - Proteas Ploeter, Bok-groep bespreking en Namibië na aan wenresep?
Na die Proteas se power prestasie in die openingswedstryd van die Super 12-rondte by die T20-Wêreldbeker, lig die manne hul gemoed met ‘n trippeldoor Erasmus - van die Rassie, Frikkie en Gerrie variëteit.
In Van die Blad Af word die nuuswaardigste Wêreldbeker-welslae gedeel en die Bok-groep word bekendgemaak. Die nuutste oor Rassie se regsrumoer word ook meegedeel (3:40-6:45).
In die Losskrum word Boucher & Kie betwyfel (6:50-17:40) en die Bok-groep (en -breiers) bespreek (17:45-38:17). Na aanleiding van Namibië se “underdog”-uitnemendheid en die VSA se minder as fantastiese vertoning teen die All Blacks, word daar gefilosofeer oor watter faktore sportsukses bewerkstellig (38:20-55:40).
Op die Telbord kom die Namibiese krieketspan se plek in sportgeskiedenis onder die loep en word Morras se status as Boklegende bespreek (55:45-1:01:30).
‘n Paar name (meeste van hulle met die van Erasmus) word ook in die Hoek van Helde verewig (1:01:40-1:04:35).
Audio and video play straight from the show's own hosting. PodSubs stores and serves no media.

